Covid-19: Nuutste syfers, 20 Mei

Deel hierdie storie / Share this story

Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is gister bekendgemaak.

Ná die laaste aankondiging het die aantal gevalle met 803 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 18 003 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.

Die land se sterftesyfer staan op 339 en 8 950 persone is al van die virus genees.

Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 505 861 toetse vir Covid-19 doen.