Vullishope in Diamond Park

Deel hierdie storie / Share this story

Ockie Fourie, DA-raadslid, sê inwoners was baie ontsteld oor die hope gemors wat in Diamond Park lê. Hy sê daar is talle sulke hope gemors in die gebied.

Fourie sê dié vullishope word deur muise en rotte bewoon, wat dan op hul tyd weer slange na die gebiede aantrek.

“Kinders, honde en bokke beweeg rond tussen die hope.”

Fourie sê hy het die probleem aangemeld. “Die probleem is dat Sol Plaatje-munisipaliteit nie die mannekrag of masjienerie het om nou dié tipe probleme op te los nie. Hy sê egter daar sal na maniere gekyk word om die probleem op te los.