Sol-werkers herstel gebarste pyp in Sentraalweg

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die span van Sol-Plaatje-munisipaliteit se waterwerke het gebarste pype in Sentraalweg reggemaak.

Ockie Fourie, DA-raadslid, sê die probleem is dat die plekke reggemaak word, maar uiters gevaarlike toestande skep omdat dit sekere dele van die pad laat insak. Hy sê dié ingesakte paaie sal so gou moontlik geteer en versterk word sodat dit nie vir motors so gevaarlik is nie.