Misdaadsvoorkoming oor die radio

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Lt.-kol. Dimakatso Mooi het vanoggend aan Radio Teemaneng Stereo se ontbyt-program deelgeneem en die gemeenskap die geleentheid gebied om hul klagtes te lug, of om komplimente uit te deel.

Volgens brig. Nohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, het Mooi verwys na die welslae wat die polisie die afgelope naweek behaal het. Talle hiervan het verband gehou met die oortreding van die Wet op Rampbestuur, soos die onwettige vervoer en besit van sigarette.

Hy het ook verskeie veiligheidswenke gegee, en die gemeenskap vir hul voortgesette ondersteuning betreffende die bestryding van misdaad bedank.