KIMBERLEY – Die plaaslike polisie het gister twee verdagtes in Rhodesdene vir die besit van kristal-metamfetamine, khat en Mandrax, asook ‘n onvermelde bedrag aan kontant in hegtenis geneem.
Brig. Mohale Ramatseba
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes is ongeveer om 14:00 in Cammstraat, Rhodesdene, in hegtenis geneem. Die polisie het ‘n silwergrys Toyto Run X in Longstraat opgemerk, waarna hulle die voertuig tot by ‘n huis in Cammstraat agtervolg het. Die polisie het hulle deursoek en het volgens Ramatseba op die dwelms en kontant afgekom.
Na verwagting vandag
Die verdagtes sal na verwagting vandag in Kimberley se landdroshof op aanklag van dwelmhandel verskyn.
Die Noord-Kaapse polisie-bestuur het die betrokke lede vir hul optrede geloof.



