Verdagte gearresteer oor vermoedelik onwettige tabakprodukte

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Twee polisiebeamptes in Kimberley het gister ‘n verdagte motor naby Cassandra afgetrek en onwettige sigarette, ‘n hookapyp en Boxer-tabak ter waarde van R15 000 in die motor gevind.

Volgens brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, was die twee polisiebeamptes nie aan diens nie. Hulle het die tabakprodukte onder die sitplekke in die motors en in die spaarwiel van die motor gevind.

Die verdagte (33) het ‘n boete van R5 000 gekry vir die vervoer van onwettige tabakprodukte gedurende die inperking.

Die provinsiale polisiekommissaris van die Noord-Kaap, lt.-gen. Risimati Shivuri, het die twee polisiebeamptes vermeld vir hulle toewyding en lojaliteit om die gemeenskap te dien.