Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is pas bekendgemaak.
Ná die laaste aankondiging het die aantal gevalle met 1 160 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 15 515 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.
Die land se sterftesyfer staan op 264 en 7 006 persone is al van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 460 873 toetse vir Covid-19 doen.




