Nóg ‘n Kimberley-skool loop deur onder vandalisme

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Skole regoor die land en in die Noord-Kaap is in die afgelope tyd slagoffers van vandalisme. Dit het aan die lig gekom dat Hoërskool Tlhomelang in Vergenoeg ook een van die skole is wat geteiken is.

Daar is na bewering kinders wat dié skoolgronde gebruik as ‘n plek om dwelms te gebruik en wanneer hulle dan onder die invloed is, word die skool gevandaliseer.

Lehuma Ntuane, woordvoerder vir die departement van onderwys in die Noord-Kaap, sê dat die skole hier se deure, dakke en ander dele van die skool se infrastruktuur wat beskadig is, insluitend Hoërskool Tlhomelang, reeds besig is om reggemaak te word. Daar is volgens hom 598 leerlinge in die skool. Hy sê ook kriminele faktore in die samelewing wat leerareas teiken, is ‘n groot bron van kommer.