NAMAKWALAND. – Om die inperkingsreëls en regulasies te verstaan, is meeste van die tyd ’n onbegonne taak. Daarom het Gizella Opperman (39) dit in verstáaánbare Afrikaans vertaal.
Daagliks besig met regulasies
Opperman, nasionale parlementslid vir die DA in die Hantam- en Karoo Hooglandstreek, bly in Loeriesfontein in Namakwaland. Sy is getroud en het twee kinders. “Ek is daagliks besig met regulasies en verandering aan regulasies. Die regulasies verander baie handomkeer en die mense is maar soos afkophoenders. Hulle verstaan nie altyd wat aangaan nie, want die regulasies word in baie hoë taal deurgegee. Daarom probeer ek dit in plat Afrikaans aan die mense deurgee. Ek sit dit op Facebook in verstaanbare Afrikaans.”
Opstande oor sigarette
Opperman is al 10 jaar lank wyksraadlid, so sy kén die mense van haar streek. “In sommige areas is dit rustig en die mense gaan aan soos normaal. In die meer landelike gebiede verstaan die mense nie inperking nie. Dit is ook nie altyd moontlik nie. Gelukkig is ons in die Noord-Kaap en is geisoleer. Daar is min inligtingstukke hier uitgedeel. In areas soos Williston, Calvinia en Sutherland was daar al opstande oor sigarette.”
Sy kommunikeer haar verstaanbare en soms humoristiese vertaling van die staatsredes en regulasies, deur haar Whatsapp-groepe en raadslede.
“Ek is seker op 60 groepe altesaam!”
FiND iT sal haar vertalings publiseer soos die regulasies verander. Lees gisteraand se regulasies hier.



