Ai laat ek tog ma die president se storie in plat Afrikaans storie. Ek weet djulle wag nou weer heel opgetense vir my vir dit 😂, want eks mos daai klas Afrikaanse miesies President diva. En djulle wil ok mos darem more ka storie wat klap so.
Okay so nommer een daar is nog so 2️⃣ en ‘n halwe weke van vlak 4 innie kraal wees oor⏳ tot ons level 3 toe gaan einde Mei 📅. Stadig nou… stadig orie klippe, ek ga nou se wat imply level 3 en take note dis okie virrie high risk areas nie daai kind djulle bly level 4.
Ma dingesemake ek wil gou ees bek-uitspoel oor ‘n paar level 4 goete daai kind.
- Ok vandag na 7 weke kan jy nou weer panties en onties koop🤭😊. Dissie meer tenie wet nie👙kaalgat en windgat is uit🤣
- Jy moet ‘n masker dra MAAR let wel jy kannie beboet word as jy NIE een het nie😷
- Insake twak en tabak : Jy MAG rook🚬, dis die verkoop van entjies wat onwettig is. So die polisie MAG NIE jou rookgoed konfiskeer nie, hulle moet kan BEWYS jyt dit tydens lockdown gekoop. Om te rook is nie onwettig nie, slegs die koop en verkoop van tabak produkte🚭!
- Die drank: Jy MAG jou eie tuisbrousels stook, jyt reg gehoor👂maar NIE vir VERKOOP, slegs vir eie gebruik. So stadig mettie pynappels🍍🍍🍍 ennie yeast bier vrinne hulle se die suiker is amper op ma dis ‘n jok😂
- Jy moet jou tshirt👕 en jou hemp👔 onner jou jas🧥 aantrek🤐 en jy moet TOE toon🥿👠👢 skoene koop. N stil bek 🤐is’ n heel bek se my ma goed.
- Aandklok reel geld steeds 🕔 is tussen agtuur saans in jouse kaia 🏠tot more oggend 5uur.
Nou level 3 vannie🔑🔐⬇️
- Alle kommersiele konstruksie⛏️🔨 mag op vlak 3 hervat word. NIE residensiele huisbouery nie.
- Steeds geen KERK😭 so prys byrie huis🙌, geen sport⚽, geen fees, geen openbare byeenkomste. Sorry geen super 15🏈ouens
- REIS🚕🚗: Is nogsteeds Jan Tuisbly se karretjie vir jou. Geen oor die provinsiale grense ryery nie. Bly in jou nes da bly jy ongekwes! Net vir begrafnisse⚰️ of vir werk mag jy met ‘n permit oorie grense.
- Die entjies ennie ghwai🚬 is mos nou hierie klas goete wat jy eintlik wil hoor😂 Kyk lat ek ma nou eerder so se: entjies MAG op vlak 4 al verkoop word, ma toe hoor jy mos hoe change dai vrou se mielies🌽🌽so ek sal manet se tabakprodukte mag verkoop word op level 3 ma dis streng onderhewig aan daai antie wat jul so kwaad gehad het se gedagtes. Don’t shoot 🏹the messenger!
- Steeds in jou kaia🏡🏘️ bly saans van 8uur🕔 tot more oggend tot 5uur
- Nou kan jy oefen sonder perke🏃♀️🏃♂️⛹️♀️🏋️♂️🤸♀️issie djy nie is djou Body!!! 💪
- Klerasie👗👖jy kan nou weer alles koop wat jouse hart begeer skoene, 👠👟klere, ysterware🔪🥄, huishoudelike toestelle 📺de lot!
- Die drank ai hoe kan ek die drank vergeet🍾🥂🍻🥃🍸🍷🍺Alkohol verbruik word steeds nie toegelaat oppie smokkel jaartste, innie sjebiens, kroee en tavernse nie, maar hou jou asem op… hou hom… hou hom🤢😰🥵…. Jy MAG alkohol koop in beperkte hoeveelheid❗❗❗sorry ek wetie lekker wat daai beteken nie, maar iets is mos da beterder as niks reg?
- Die skool📚🖍️📝 gaan aan assie skool aangaan😂
- Niks gesoenery merie💋gedra djulle❗
Die Afrikaanse weergawe van wat die president gisteraand gesê het, is deur Gizella Opperman (39), DA nasionale parlementslid vir die Hantam- en Karoo Hooglandstreek, geskryf. Lees meer oor Opperman hier.



