Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is gister bekendgemaak.
Ná die laaste aankondiging het die aantal gevalle met 724 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 12 074 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.
Die land se sterftesyfer staan op 219 en 4 745 persone is al van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 386 352 toetse vir Covid-19 doen.




