Waar is die president? DA-leier soek antwoorde

Deel hierdie storie / Share this story

John Steenhuisen, DA-leier, het groot opslae gemaak toe hy die president se afwesigheid in die afgelope drie weke bevraagteken het.

Steenhuisen sê deursigtigheid is nou baie belangrik en die president kan dié verwagte deursigtigheid begin implementeer deur die nasie weekliks toe te spreek. Dié toesprake behoort volgens Steenhuisen inligting te bevat oor redes vir sekere besluite tydens inperking, asook die geleentheid om baie se vrae te beantwoord.

“Na die president se aankondiging dat die land na vlak vier van inperking beweeg, is hy nêrens te vinde nie en het hy sake in die hande van ministers en die nasionale koronavirus-raad gelaat,” sê hy.