LONDEN. – ‘n Werknemer by die kaartjieverkope-kantoor by die Victoria-treinstasie hier, is dood nadat ‘n man met Covid-19 glo op haar gehoes en spoeg het.
Die Daily Mail berig Belly Mujinga (47) is in Maart vanjaar aangesteek toe die man, wat glo die Covid-19 virus gehad het, op haar en ‘n kollega gehoes en spoeg het.
Binne dae na die aanval het albei vroue siek geraak. Mujinga is op 2 April in die hospitaal opgeneem en op ‘n ventilator gesit. Sy is drie dae later dood.
Die polisie soek na die oortreder.



