Addies-karatekas presteer ten spyte van inperking

Deel hierdie storie / Share this story

Drie van Hoërskool Adamantia se karatekas het Saterdag, 9 Mei, aan die Zanshin E-toernooi deelgeneem.

Die studente moes video’s van hul katas via WhatsApp aanstuur. Die katas is dan deur 5 instrukteurs / beoordelaars beoordeel. Dit was die eerste toernooi van sy soort in Suid-Afrika.

In die 16 jaar-afdeling vir seuns, wit tot pers belt, het Aiden Visagie eerste plek behaal en CJ Jacoby tweede plek.

In die 14-15 jaar-afdeling vir seuns, wit tot pers belt, het Darius Jacobsohn tweede plek behaal.

Hoërskool Adamantia is trots op die karatekas wat deel van dié toernooi was.

Foto: Aiden Visagie
Foto: Darius Johnson
Foto: CJ Jacoby