Kimberley-beampte by korrektiewe dienste toets positief vir Covid-19

Deel hierdie storie / Share this story

Die departement van korrektiewe dienste het in ’n verklaring bekendgemaak een van die beamptes by die Kimberley-fasiliteit het positief vir die koronavirus getoets.

Die Oos-Kaapse departement van korrektiewe dienste het tans 98 gevangenes wat positief vir Covid-19 getoets het.

Om die verdere verspreiding van die virus te voorkom, is daar sekere regulasies in plek gestel. ’n Mediese adviespaneel en ’n addisionele 393 verpleegpersoneellede is aangestel.

Die departement sê verder in die verklaring daar is 92 persone in die departement al van die vius genees.