Rioolprobleme in Bartleplek moontlik binnekort uitgesorteer

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die Sol Plaatje-munisipaliteit se sanitasie-span is tans besig om ‘n rioollyn in Beaconsfield oop te maak.

Ockie Fourie, DA-raadslid, sê die span is by Bartleplek 12 besig. “Die hooftoevoerlyn in Cape Town Road is egter so vol sand en ander voorwerpe, wat hulle taak uiters bemoeilik. Die enigste oplossing is om nou van die hoëdruktrok gebruik te maak. Dié trok is elders besig.”