Ou peperboom beskadig glo muur

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – ‘n Inwoner hier in Frereplek in Beaconsfield is besig om ‘n baie ou peperboom op te saag.

Ockie Fourie, DA-raadslid, sê baie van die takke en stompe beland op ‘n hoop in die stormwatersloot, wat reeds heeltemal oorgroei en vol gemors is.

“Tydens die reënseisoen kan water nie wegspoel nie en loop die sloot oor. Die water beland in die paaie en veroorsaak dat slaggate nie sigbaar is nie. Die munisipaliteit het onderneem om behulpsaam te wees, aangesien die grensmuur beskadig is.”