Kimberley-DBV neem afskeid van geliefde kollega

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die DBV in Kimberley moes oor die naweek afskeid neem van Margaret Denise Belling, ‘n geliefde kollega.

Die Dierebeskermingsvereniging het op hulle Facebook-blad ‘n inskrywing gemaak wat lui:

“Margie was ‘n besonderse mens. Sy was vir so lank as wat enigiemand kan onthou die sekretaresse van die bestuurskomitee by die DBV. Haar heengaan is ‘n groot verlies vir die Kimberley-gemeenskap asook die dieregemeenskap en ‘n groot leemte word in baie se lewens gelaat. Sy het haar lewe aan dierewelstand gewy en sal altyd as ‘n ware diereliefhebber en soldaat onthou word.”