Covid-19-gevalle in die Noord-Kaap

Deel hierdie storie / Share this story

Die Noord-Kaap se korona-statistieke is op 10 Mei deur die provinsiale regering bekendgemaak.

Daar is tot op hede geen sterftes in die Noord-Kaap weens die koronavirus aangemeld nie.

Die gevalle word volgens streek ingedeel. In die Frances Baard-distrik is daar 21 bevestigde gevalle, in die Namakwa-distrik is daar drie, die Pixley Ka Seme-distrik het een geval, die ZF Mqcawu-distrik het drie gevalle en die JTG-distrik het een.

Daar is tot dusver in die Noord-Kaap 70 211 skanderings gedoen en 2 602 mense is getoets.