SUID-AFRIKA – Die Verenigde Nasies is bekommerd oor kubergeweld op Suid-Afrikaanse vroue nadat porno tydens ’n videokonferensie met die SA-regering verskyn het.
Shalen Gajadhar, direkteur van kommunikasie vir die departement van vroue, jeug en mense met gestremdhede, het bevestig dat die voorval drie weke gelede tydens ’n aanbieding deur die VN plaasgevind het.
“Ons wil om verskoning vra dat die vergadering deur kuberkrakers gekaap is. Dit is nog ’n voorbeeld van aanranding deur middel van tegnologie. Ons het die vergadering in ’n meer private wyse hervat. Ons hoop om binnekort ’n opname van die vergadering te deel,” het die departement in ’n twiet geskryf.
“Ten spyte van die beste pogings deur ’n klein groepie misoginiste om ’n vergadering wat deur VN-vroue aangebied is, in vennootskap met Maite Nkoana-Mashabane, die minister van vroue, jeug en mense met gestremdhede, te ontspoor, was die webinar oor hoe Covid-19 vroue affekteer steeds ’n sukses. Ongeveer 150 deelnemers, onder andere van die regering, internasionale vennote, organisasies uit die burgerlike samelewing, sakelui, die media en ander wat hul steun as privaat burgers wou verpand, het dit bygewoon” het die VN in ’n persverklaring gesê.
We wish to apologize for the meeting being hijacked by hackers. Yet another example of technology assisted assault. We have reconvened the meeting in a more private setting. We hope to share a recording of the meeting soon.
— Dept of Women, Youth & Persons with Disabilities (@DWYPD_ZA) April 15, 2020



