NOORD-KAAP – Cell C het aangekondig dat hulle SIM-kaarte, data en lugtyd aan 170 leerders en tien fasiliteerders van die Ultraviolet Power Training-inisiatief sal skenk.
Die inisiatief is deur die opleidingsowerheid vir energie- en watersektor in samewerking met die Noord-Kaapse departement van openbare werke opgerig, berig ITWeb.
Die leerlingskap duur 12 maande en dit beoog om volhoubare geleenthede in hernubare energie vir leerders te skep. Dit is om ondernemings te skep wat sonkraggeisers en PV-elektriese stelsels vervaardig, installeer en onderhou, sê Cell C.



