Kimberley-landdroshof weer oop ná gebou vir Covid-19 ontsmet is

KIMBERLEY – Die landdroshof in die middestad was weer vanaf van 08:30 vanoggend toegaanbaar nadat die gebou oornag vir Covid-19 ontsmet is.

Chrispin Phiri, woordvoerder vir die departement van justisie en korrektiewedienste, het bevestig die landdroshof was weer vanaf van 08:30 toegaanbaar.

Phiri sê die hof was gesluit om sifting en toetsing te doen. Die proses is omstreeks 17:30 voltooi.

Volgens ’n bron by die hof was hy teen 10:00 gisteroggend nog onseker of die hof weens Covid-19 gesluit.

“Al wat ek weet op daardie oomblik geweet het is dat die howe nog nie begin het nie. Die persone wat reeds in die gebou was moet binne bly. Personeel en lede van die publiek het nog in daardie stadium van kwart 07:45 buite gestaan.”

Leave a Reply

Your email address will not be published.