Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, sê die veiligheid van leerlinge sal eerste prioriteit wees wanneer die skole op 1 Junie vir graad 7 en graad 12 leerlinge heropen. Die departement sal volgens minister Motshekga ‘n maand neem om die nodige voorbereiding te doen.
Skole se beheerspanne sal
met hulle werk voortgaan op 11 Mei.
Die departement van basiese onderwys moes die Mei/Junie-eksamens uitstel.
Sy sê gedurende die afgelope paar weke het baie probleme en angstigheid opgeduik.
Alle skole sal met die heropening voorsien word beskermende toerusting en veldtogte sal geloods word om leerlinge en kinders van die gevare van Covid-19 in te lig.
Klasse sal volgens minister Motshekga gesaniteer word en kinders se hande sal ook gereeld gesaniteer word. Lessenaars sal nie gedeel word nie en drukkies sal nie toegelaat word nie.
Leerlinge en onderwysers sal daagliks deur skanderingstoetse gaan.
Daar word steeds van ouers verwag om skoolfonds te betaal, aangesien sommige van die onderwysers se salarisse uit dié geld bestaan.



