Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, praat namens die nasionale koronavirus bevelraad by ‘n inligtingsessie.
Die verwagte reëls en regulasies waarby alle Suid-Afrikaners in vlak vier moet hou, word bespreek.
Dr. Dlamini-Zuma het pas bekendgemaak dat die handel in alkohol én sigarette nié wettig sal wees gedurende fase vier nie.
Sy sê Suid-Afrikaners sal nié toegelaat word om van provinsie na provinsie te reis nie. Slegs as jy ‘n permit het, ‘n noodsaaklike diens verrig of ‘n begrafnis bywoon, sal die reis toegelaat word.
Diegene wat voor die inperking nie in hulle eie provinsies was nie, sal een geleentheid gegee word om na hul tuistes terug te keer.
Werkgewers wie se werkers in fase vier na hulle werkplekke sal terugkeer, sal streng higiënebeheer in die werkplek moet toepas.
Jy mag steeds nie in ‘n restaurant sit of in ‘n hotel bly nie. Kroeë en sjebeens, publieke parke, strande en swembaddens, konferensiesentrums, vermaaklikheidslokale, teaters, konserte, sport-, kerk- of kulturele- en enige ander sosiale byeenkomste word steeds nie toegelaat nie.
Lees meer oor die vervoer van kinders gedurende dié fase:






