Ses simptome van Covid-19 deur CDC gelys

Deel hierdie storie / Share this story

VSA – Die Centre for Disease Control (CDC) in Amerika het ses simptome van Covid-19 aangewys.

Volgens Popular Science het die CDC amptelik die volgende simptome bygevoeg:

  • Bewerasies
  • Kouekoors met bewerasies
  • Spierpyn
  • Hoofpyn
  • Seerkeel
  • Verlies van smaak- of reuksentuie 

Dit is nadat dié simptome by ’n aantal pasiënte in Amerika aangeteken is. Volgens Popular Science is die aanwysers noodsaaklik om die werklike getal van Covid-19-infeksies in die land te bepaal, omdat toetse vir Sars-CoV-2 slegs gedoen word wanneer persone van die gelyste simptome wys.