President Cyril Ramaphosa was gisteraand en vanoggend die rede vir die glimlag op vele Suid-Afrikaners se gesigte. Ten tye van sy toespraak oor Covid-19 en die inperking, het hy vir ‘n oomblik of twee gesukkel om die gesigmasker aan te sit.
Vandag, gedurende sy besoek aan kwarantyn-fasiliteite, het ‘n joernalis hom gevra wat sy reaksie op die situasie is.



