Inperking: Sigaretverbod gelig

Deel hierdie storie / Share this story

Die handel in sigarette en alkohol is weens die uitbraak van die koronavirus in Suid-Afrika verbied. Baie is regoor die land in hegtenis geneem omdat hulle dié wette nie gehoorsaam het nie. Die Gautengse Drankforum en die Fair Trade Independent Tobacco Association het gedreig om die regering hof toe te sleep oor die verbod op dié verkope.

Die drastiese voorkomingsmaatreëls in SA het volgens die president die spoed waarteen die koronasyfer styg, vertraag. Om te voorkom dat die virusverspreiding weer ‘n probleem raak, sal die maatreëls binnekort stelselmatig verslap word, het president Cyril Ramaphosa gisteraand bekendgemaak.

Kroeë en sjebeens se deure sal volgens die president gesluit bly, maar die verkope van sigarette sal na verwagting op 1 Mei, met die implementering van die volgende inperkingsfase, gewettig word.