Die inperkingsmaatreëls in Suid-Afrika sal na verwagting aan die einde van April verslap word.
Die president het ook Dinsdagaand gesê die land se pogings in die afgelope ruk sal tevergeefs wees as die inperking te vroeg beëindig word.
Hoop jy die inperking sal aan die einde van die maand stopgesit word? Of dink jy dalk dis te vroeg?
Dr. Mike Ryan van die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die vermindering van die virusverspreiding in SA is te danke aan die vroeë implementering van die inperking.
President Cyril Ramaphosa spreek vanaand die nasie toe oor die Covid-19 kwessie, die inperking en hoe die maatreëls in die land verslap sal word.



