Sigaretverbod: SA in afwagting op Cyril se besluit

Deel hierdie storie / Share this story

Fair Trade Independent Tobacco Association (FITA) het gedreig om die regering hof toe te sleep ná die implementering van die sigaretverbod tydens inperking.

Dié organisasie het aanvanklik bekendgemaak hulle gee vir president Cyril Ramaphosa tot Dinsdag om te reageer op hulle versoek om die koop en verkoop van sigarette vir die res van die inperking te wettig.

Ná die president se toespraak gisteraand waarin hy gesê het hy sal Donderdagaand die nasie toespreek oor die inperking en die voorkomende maatreëls in die land, het die organisasie gesê hulle gee die president tot Donderdag om die versoek goed te keur voordat hulle regsstappe neem.