Aan die begin van die inperking in Suid-Afrika is daar 2 280 soldate ontplooi om saam met die polisie in die stryd teen die verspreiding van Covid-19 te baklei. Die president het gister die parlement ingelig van sy besluit om nóg 73 180 weermaglede tot aan die einde van Junie te ontplooi.
Cyril Xaba het gister 21 April in ‘n verklaring aan die parlement gesê die aantal positiewe gevalle van die koronavirus in Suid-Afrika styg steeds en daarom sal die 73 180 bykomende lede van die Suid-Afrikaanse nasionale weermag (SANW) tot 26 Junie ontplooi word.
Die ontplooiing van die weermaglede sal byna R5 miljard kos.




