Fair Trade Independant Tabocco Assosciation (FITA) het ‘n versoek aan die regering gerig om die verkope van sigarette gedurende die inperking te wettig, alhoewel die regering weer bevestig het dat die verkope van sigarette nie toegelaat sal word nie.
President Cyril Ramaphosa het verlede week die Gautengse Drankforum se versoek om die verkope van alkohol gedurende die inperking wettig te maak, geweier.
FITA dreig ook nou om regstappe teen die regering te neem, sou hulle versoek geweier word.
“Die industrie dra baie by tot die land se ekonomie en bied werksgeleenthede aan talle Suid-Afrikaners wat nou geen inkomste het nie,” sê Sinenhlanhla Mnguni, voorsitter van FITA.
“Ons het voorheen al ons mening gegee oor die regering se besluit om die verkoop van sigarette te verbied.” Sy sê daar is geen rede agter die regering se besluit hieroor nie en daarom het hulle geen ander alternatief nie.



