Man wat meisie probeer uitsmokkel, in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG – ’n Man wat sy meisie Vrydag 17 April 2020 tydens die nasionale inperking uit Gauteng probeer smokkel het, is in hegtenis geneem.

Faith Mazibuko, LUR van veiligheid, sê die man is by ’n padblokkade op die N12 gestop. Sy kar is deursoek en die man se meisie is in die kattebak gekry. Die man het nie ’n permit gehad om te reis nie.

Beide die man en sy meisie is in hegtenis geneem.