Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, sê die koronagevalle in Suid-Afrika het na gister se aankondiging met 165 gestyg. Die aantal positiewe gevalle van Covid-19 in SA is dus nou 3 465.
Die sterftesyfer staan steeds op 58 en die aantal mense wat tot dusver van die virus genees is, is 1 055.
Daar is ook al 126 937 toetse vir die koronavirus gedoen.




