Infinity health is oop vir noodgevalle.

Deel hierdie storie / Share this story

Het jy geweet Infinity health sal oop wees gedurende die grendeltydperk vir noodgevalle? Hulle tandheelkunde-afdeling gaan beskikbaar wees vir tandpyn, gebreekte tande, swelling op die gesig, bloeding in die mond, regmaak van vals tande, regmaak van kunsgebit, regmaak van wortelkanale en enige trauma en fakture.

Hulle fisio-sentrum gaan ook oop wees vir besering, long probleme soos asma, nek en rug seer, probleme in jou bene, gewrigte, spiere en ligamente, heup probleme, gebrek aan mobiliteit, moegheid, pyn, swelling, styfheid en verlies aan spierkrag.

Die mediese dokter sal ook beskikbaar wees. Jy kan 053 831 2723 skakel vir ‘n afspraak. Indien daardie nommer nie beskikbaar is nie kan jy die noodnommer kontak by 076 352 4556