Skrap skooljaar, sit alle leerders deur, sê professor

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA – Die skooljaar vir 2020 moet geskrap word en alle leerders moet na die volgende graad bevorder word. 

Dit was die mening van prof. Jonathan Jansen, ’n onderwyskundige, tydens ’n onderhoud met die SAUK.

Volgens Jansen sal skole om twee redes nie soos normaal kan hervat word nie. Hy sê dit sou onregverdig wees om van onderwysers te verwag om vir die verlore tyd op te maak. Tweedens sê hy was die CAPS-kurrikulum reeds oorlaai voor die nasionale inperking ingetree het.

So skrap jy ’n skooljaar

  • As skole heropen gaan voort moet die kurrikulum soos normaal.
  • Moenie druk op onderwysers plaas nie.
  • Laat slaag alle leerders vanaf graad 1 tot graad 11 aan die einde van die jaar.
  • Gebruik 2021 om hul kurrikulum te herorganiseer.
  • Universiteite moet matrieks wat aan ’n universiteit wil gaan studeer op grond van hul voorlopige aanvaardingsuitslae vanaf graad 11 aanvaar.
  • Universiteite en skole moet saamstaan om ’n oorbruggingskurrikulum vir bevorderde matrieks te beplan.

Kyk hier na die onderhoud met Jansen: