KIMBERLEY – Ten spyte van die inperking weens die uitbraak van die koronavirus in Suid-Afrika, kon Hoërskool Diamantveld ook aan Oppi Tong Af se redenaarskompetisie deelneem.
Dié nie-winsgewende organisasie het inisiatief geneem en bied steeds vir leerlinge van graad 1 tot graad 12 die geleentheid om hulle redenasie- en kommunikasievermoë ten toon te stel en te verbeter deur die heel eerste Suid-Afrikaanse virtuele redenaarskompetisie.
Leerlinge van regoor die land het aan hierdie kompetisie deelgeneem en Hoërskool Diamantveld in Kimberley se leerlinge kon in die gemak van hulle huise deel wees van hierdie geskiedenis wat gemaak is.
Die leerlinge se prestasies was as volg:
Jandré du Plessis (Graad 12) – 92% (A++)
Frances van der Merwe (Graad 12) – 82% (A)
Rita van Niekerk (Graad 11) – 89% (A+)
Elcke Katzke (Graad 11) – 85% (A+)
Anneri du Plessis (Graad10) – 89% (A+)
Hardus van der Merwe (Graad 9) – 86% (A)




