KIMBERLEY – Hoërskool Noord-Kaap het op 19 April geskiedenis gemaak toe hulle aan die heel eerste virtuele Suid-Afrikaanse redenaarskompetisie deelgeneem het.
Oppie Tong Af, ‘n organisasie wat vir jong sprekers van graad 1 tot graad die geleentheid gee om hulle redenasie- en kommunikasievermoë deur middel van openbare toesprake te verbeter, het die kompetisie aangebied.
Dié nie-winsgewende organisasie het te midde van die Covid-19-uitbraak en die uitdagings wat alle Suid-Afrikaners in die gesig staar, met ‘n plan vorendag gekom.
As gevolg van die sosiale inperking om die verspreiding van die koronavirus te voorkom, het die organisasie aan ‘n nuwe en kreatiewe manier gedink om hulle gehoor te bereik.
Leerlinge van regoor die land het aan die eerste rondte van die kompetisie deelgeneem en Hoërskool Noord-Kaap se deelnemers se uitslae was as volg.
Annika Grobbelaar: A+
Zoë Kuypers: A+
Siseko Sindi: A++
Alethia Rossouw: A++
Onkeletse Serebelo: A+
Okgethile Sithole: A+
Monique Grové: A+
Stethen Liebenberg: 2 x A++
Johané Schön: 2 x A++
Ané van Staden: A+



