President Cyril Ramaphosa het gesê die inperking sal tot ‘n einde kom wanneer die spoed waarteen die aantal bevestigde gevalle van Covid-19 optel, minder raak.
Aan die einde van die derde week van inperking in Suid-Afrika, op 18 April, maak die minister van gesondheid bekend daar is 3 034 positiewe gevalle van dié virus in die land.
Daar is ook ná gister se aankondiging nog twee nuwe sterftes aangemeld, sê dr. Mkhize.



