Covid-19: Nuutste gevalle, nog sterftes

Deel hierdie storie / Share this story

Die land kon tot op hede 100 827 persone vir die koronavirus toets, sê dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, op 17 April.

Die minister sê hy is spyt om Suid-Afrikaners mee te deel dat nog twee sterftes weens die virus aangemeld is. Die eerste sterftes in Limpopo en in die Oos-Kaap is gister bevestig.

Dr. Mkhize sê daar het op 17 April in Suid-Afrika ’n totaal van 2 783 persone positief vir die virus getoets. “Ons is ook positief oor die aantal persone wat al van die virus genees is,” sê hy op sy Twitter-profiel.