Wenke vir inperking volgens ’n ruimtevaarder

Deel hierdie storie / Share this story

Mike Massimino, ’n NASA-ruimtevaarder wat 30 dae in die buitenste ruim spandeer het, sê hy het ses goeie wenke wat ander deur inperking kan help.

Massimino sê inperking op aarde is amper soos om in die buiteruim op die internasionale ruimtestasie ingeperk te wees.

Hier is Massimino se wenke vir die inperking:

  1. Omhels en benut die situasie. Maak gebruik van tegnologie. “Ek het baie tydens inperking oor kommunikasietoeps geleer. Ek sal aanhou om hierdie vaardigheid na die inperking te gebruik.”
  2. Praat met “missiebeheer” of wees ander s’n. Hy sê dat mens soms vergeet daar iemand net ’n klik weg wat jou deur enige situasie kan help. Hy het ’n ramp op die ruimestasie in die gesig gestaar en het onthou dat sendingbeheer daar was om te help. Hulle het met ‘n oplossing vorendag gekom en die probleem is oorkom. Hy sê almal moet missiebeheer vir iemand wees.
  3. Oefening is baie belangrik in die buiteruim, maar dit help ook om geesteswelstand te verbeter “Kry elke dag oefening,” sê Massimino. Hy sê hy het ’n tydelike gym in sy kelder opgerig.
  4. Geniet die skoonheid rondom jou. Hy sê: “Soms raak ons ​​so toegedraai in wat ons doen dat ons vergeet om ’n sekonde te neem om rond te kyk. Dit het op die ruimtestatsie gebeur. Terwyl die trek huistoe vertraag was, het die ander ruimtevaarders films gekyk, maar ek het by die venster uitgestaar na die aarde en die wonderlikste uitsig oor ’n storm aan die kus van Australië. Dit is baie belangrik om die skoonheid rondom jou te sien.”
  5. Volg betekenisvolle afleidings. Kry ’n stokperdjie wat jy geniet – fotografie, bespeel ’n musiekinstrument, skep kuns.
  6. Bly in verbinding. Kontak vriende en familie.

Kyk hier na Massimino se video: