CARNARVON – Polisielede het gister voertuie by ‘n padblokkade op Carnarvon deursoek. ‘n Verdagte minibus is opgemerk ná hy skielik probeer het om ‘n alternatiewe roete na Brandvlei te neem. Die polisie het die bus vinnig agternagesit.
Die polisie het die minibus en sy waentjie deursoek en op dagga ter waarde van R308 000 afgekom. Die busdrywer het tevergeefs probeer om die polisielede om te koop om hom en die ses ander nié vir die 14 sakke dagga te arresteer nie. De polisie het egter net nóg ‘n klag teen die drywer gelê.
Al sewe verdagtes is vir dwelmhandel in hegtenis geneem en verskyn volgens brigadier Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, binnekort in die plaaslike landdroshof.

Lees die volledige persverklaring hier:
NC: Seven arrested for dealing in dagga
Police in Carnarvon arrested seven suspects in connection with dealing in dagga.
Members were conducting vehicle checkpoint operation when they noticed a mini bus trying to take an alternative route to Brandvlei. Police managed to stop the minibus and found 14 bags of dagga in the minibus and also in the trailer. The dagga is estimated at R308 000,00. Seven suspects( three females and four males) were immediately arrested and charged with dealing in dagga.
The driver of the mini bus tried to bribe the police and another charge was added.
The suspects are expected to appear before the local Magistrates court soon.




