Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het verlede week ‘n klag teen Somizi Mhlongo, Idols-beoordeelaar, radio-omroeper en choreograaf, gelê. Mhlongo het homself aan die polisie oorhandig ná ‘n regstreekse video op Instagram.
In die video hoor mens hoe Mhlongo vir Dineo Ranaka, sy Metro FM-kollega, sê dat “Fikile” hom vertel het die inperking gaan verleng word, kort voor die president se aankondiging
Mhlongo het die video as ‘n grap afgemaak en Fikile daarna om verskoning gevra vir sy “swak grap”.
Hy is R1 500 borgtog toegestaan en vrygelaat en sal binnekort in die hof verskyn, sê brigadier Vish Naidoo, polisiewoordvoerder.



