KIMBERLEY. – Die Sol Plaatje-munisipaliteit het vandag begin om die duikweg in Beaconsfield te begin leegpomp.
Dié duikweg het omtrent heeltemal opgevul na die swaar reën wat Kimberley die afgelope week ontvang het.
Ockie Fourie, DA-raadslid, sê die probleem is dat die kragkabels na die pomp binne-in die duikweg gesteel is.
“Die dompelpomp is nou gesak binne-in die duikweg. Hulle soek net na ‘n plek om die krag te koppel. Dit sal nog ‘n tydjie neem. Seker so twee dae om die duikweg leeggepomp te kry.”





