Covid-19: Gevalle in SA nou meer as 2 000

Deel hierdie storie / Share this story

Die minister van gesondheid het op 10 April aangekondig dat die nuutste koronasyfer in Suid-Afrika op 2 003 staan. Die sterftesyfer het tot 24 gestyg. KwaZulu-Natal bly die provinsie met die meeste sterftes weens die uitbraak.

Daar is nou ook mobiele laboratoriums wat mediese personeel in staat stel om in ’n korter tydperk meer Covid-19-toetse te doen. Daar is tot dusver 73 028 toetse in SA gedoen.

Dr. Zwelini Mkhize maak ook op sy Twitter-profiel bekend dat 410 pasiënte al van die virus genees is.