Wanneer die wêreld rustig raak, vlam passie op

Deel hierdie storie / Share this story

Wat doen jy wanneer die wêreld stil raak? Jy skep ’n fantastiese tydskrif vir mans!

Stark Magazine, ’n tydskrif vir mans, het pas die digitale mark binnegedring en beloof om nommer een in jou soekenjin te wees. Net een klik van ’n knoppie sal jou op hoogte hou van wat jy moet koop, wat om aan te trek, hoe jy tyd moet spandeer en hoe jy soos ’n professionele persoon kan reis.

’n Vars digitale uitgawe deur die Dottry Media-stal, is hierdie uitgawe deur testosteroon aanmekaar gesit.

Rudi Ferreira, redakteur, sê alhoewel hyself verkies om ’n netjiese pak klere aan te trek, is die tydskrif beslis nie net vir dié mans wat hou van styl of wat geld najaag nie.

“Dis vir die boer met die bakkie. Die entrepreneur op die motorfiets. Die fietsryer wat om 16:00 by die werk wegglip om sy ure op te maak. Die pa en man wat ’n breek nodig het. Die enkellopende ou wat moeg is vir Netflix. Die sterkman wat meer staal in sy tuisgemaakte gimnasium pomp as dames. Die metro man wat daarvan hou om te beïndruk. ”

Die punt is, dit is vir mans. Die naam, afgelei van die Duitse woord “Stark”, wat sterk beteken, sê alles.

Ferreira beklemtoon die span wou iets hê wat maklikheid weerspieël. “In ’n wêreld vol sterk vroue, moet ons iets uitstraal waarop ons seuns en dogters trots kan wees. Sterk mans wat sterk waardes het. Beskermers. Ondersteuners. Ons kan nie in ’n boks gesit word nie, ons kom in alle vorms en groottes. Daarom sal Stark iets vir almal hê.”

Dottry Media word vinnig een van die grootste privaat-mediamaatskappye, met die vlagskipwebwerf, find-it.co.za. Dié webtuiste het reeds gemiddeld 350 000 lesers per maand. Die vrouetydskrif, Vrouwees, het gemiddeld 30 000 lesers per maand – slegs in die derde maand! En die ouerskapwebwerf, moomie.co.za, gaan vir sy 10de jaar met meer as 8 miljoen besoekers. Beide FiND iT en Moomie is in die toepwinkels.

“Stark is ’n aanlyn-tydskrif wat bedoel is om nuwe lewenskrag in die motorwêreld in te blaas. Stark sal baie leemtes in die Suid-Afrikaanse sfeer van digitale inhoud vul. Dit maak gebruik van ’n groot binnelandse mark, wat uitstekende inhoud na voorheen gemarginaliseerde, maar uiters aktiewe gebiede in die sentrale streek van Suid-Afrika, bring. Die inhoud sal wissel van motors tot horlosies en dit sluit reis en selfs ’n bietjie aandele in – iemand vir crypto-geldeenhede? Ons sien uit daarna om saam met jou aan hierdie en ander projekte te werk, aangesien ons almal probeer om ons ondernemings nie net in 2020 te herstel nie, maar ook te verbeter,” sê Ferreira.

Die onderneming word bestuur deur ‘n span passievolle mense, wat dit ten doel het om die lewe te geniet, geleenthede te skep en die wêreld te reis.

Ferreira, wat 18 jaar lank advertensie en bemarking onder sy belt het, is ’n sterk finansiële beplanner wat die media verstaan. “Die media is magtig. Ek het twee jaar gelede by Dottry Media betrokke geraak. Ek was eers skepties oor die digitale arena, maar het vinnig besef dit is inderdaad die toekoms. Daarom is dit so opwindend om deel te wees van so ’n opwindende produk.”

Stark se “motto” is “own it”. Ferreira verduidelik dit gaan nie net oor die kar besit nie, maar dat jy moet eienaarskap neem van jou lewe. “Jy moet jouself ‘own’. Wees trots op wie jy is. Ons hoop jy geniet hierdie reis saam met ons.”

Vir meer inligting oor Dottry Media, kontak [email protected]. Besoek vrouwees.com; find-it.co.za en moomie.co.za om die ander projekte te besigtig.