Covid-19: Gevalle in SA nou 1 749, nog ’n sterfte

Deel hierdie storie / Share this story

Die departement van gesondheid het pas op sy Twitter-profiel aangekondig die aantal pasiënte wat nou positief vir die koronavirus in Suid-Afrika getoets het, is 1 749.

Die aantal sterftes is nou 13. Die jongste oorledene is ’n man wat ook fase 4-prostaatkanker gehad het. Hy was in die Parklands-hospitaal in Durban opgeneem.