Krematorium kry eerste Covid-19 verassing

Deel hierdie storie / Share this story

GEORGE – ’n Krematorium op George in die Wes-Kaap het hulle eerste Covid-19 verassing gedoen.

Die span van die krematorium moes volledige veiligheidstoerusting aantrek om die verassing te kon uitvoer.

“Dankie aan my personeel. Mense besef die erns van die saak. Bly asseblief by julle huise. Dankie vir almal se gebede vandag. Dit het ons deurgedra,” skryf een van die personeel op sosiale media.