Covid-19: Twaalfde sterfte in SA

Deel hierdie storie / Share this story

Die aantal Covid-19-gevalle het na die laaste aankondiging met 31 gestyg. Die aantal pasiënte wat op 6 April positief vir die virus getoets het, is 1 686.

Die twaalfde sterfte in Suid-Afrika is ook op 6 April aangemeld, sê die minister van gesondheid in ’n persverklaring op sy Twitter-profiel. Die oorledene is ’n 57-jarige man wat op 5 April by ’n hospitaal in die Wes-Kaap opgeneem is. Hy het aan newe-siektetoestande wat diabetes en iskemiese hartkwale ingesluit het, gely.

Dié geval is dus die derde sterfte weens die virus in die Wes-Kaap.

Die minister sê die regering betuig medelye aan die oorledene se familie en vriende.

Hy waardeer en bedank ook die gesondheidswerkers wat na die oorledene omgesien het.

Klik hier om te sien presies waar in die Noord-Kaap die gevalle is.