KAAPSTAD – ’n Checkers by die Sandown Retail Crossing-sentrum in Milnerton Kaapstad het ’n spesiale betaalpunt net vir noodsaaklike werkers oopgemaak.

Craig Dell, ’n inwoner en noodsaaklike werker daar, het ’n foto van die kennisgewing op sy Facebook-profiel geplaas en het Checkers bedank. Hy sê die gebaar beteken die wêreld vir hom.
Leslie Turner sê op die Facebook-plasing dit is tyd dat ons diegene wat ons beskerm en versorg, waardeer. “Ons waardeer jou en jou geliefdes se opofferings om gedurende hierdie tyd voort te gaan. Welgedaan aan Checkers,“ sê sy.
Noluvuyo Ndamase sê dit is wonderlik en hy waardeer dit.
Grant Keyter sê hy koop van nou af by Checkers.



