As een hand die ander was, word altwee skoon

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Patrick Mabilo, Kimberley se uitvoerende burgemeester, het dit goedgedink om gister by die ingang van die Sol Plaatje-kantore te staan en persoonlik die besoekers se hande te saniteer.

Burgemeester Mabilo wou self die implementering van die regulasies om die verspreiding van Covid-19 te voorkom, monitor.

Besoekers aan dié gebou was aangenaam verras om deur die burgemeester by die deur ontvang te word.